Archive for October, 2014

Brigade Streeks Dril Kompetisie 2014

Written by Jason du Plessis on . Posted in Brigade, News, Organisations

Brigade Dril Kompetisie Tiny Tots

Die Brigade het op 11de Oktober aan die Streeks Dril Kompetisie te Bishop Lavis, deelgeneem. Hier het hulle 5 pryse verower:

  • 1ste plek vir Netheid (Tiny Tots)
  • 3de plek vir Dril (Tiny Tots)
  • 3de plek vir die Bevelvoerder (Tiny Tots)
  • 1ste plek vir die Senior Dril span
  • 3de plek vir die Bevelvoerder (Senior Dril)

Brigade Dril Kompetisie Seniors

Baie geluk aan ons Brigade. Bou so voort op hierdie puik prestasie!

C.A.B. Kongres 2014

Written by Jason du Plessis on . Posted in CAB, Integrated Ministries, News, Service and Witness

IMG_20140927_00171154

Bykans 600 C.A.B. lede van regoor die hele Suid-Afrika het na die Noord-Kaap gestroom vir die tweejaarlikse Nasionale C.A.B. Kongres te Deo Gloria Barkley Wes. Sr. Petersen, Br. Burger en Ds. van der Ross en sy vrou, het vanaf 26 -28 September ons plaaslike tak by die kongres gaan verteenwoordig.

As in aanmerking geneem word dat die jongste kongresganger maar net 13 jaar oud was en die oudste 85 jaar oud was, dan besef ‘n mens dat ouderdom by die Here irrelevant is. Wat wel tel is die passie en die geloofsoortuiging om deur die Here gebruik te kan word om in sy diens, ander te help.

Die C.A.B. kongres het alle kongresgangers se verwagtinge oortref en ons vertrou dat dit ‘n leersame naweek vir ons verteenwoordigers was!