Alpha Senior Burger Klub
Die Klub bring al die eer, dank en lof aan ons Hemelse Vader en is die Here innig dankbaar vir ‘n man soos Ds. Averell Rust wat bejaardes en hul belange op die hart gedra het.
Op 19 Augustus 1993 kondig hy af dat alle bejaardes na die Erediens in die saal moet byeen kom sodat hy hulle van sy visie kan inlig. Heelwat bejaardes byeengekom, o.a. Aunty Sarie (toe 82 jr oud). Ds. Rust deel hulle mee dat hy ‘n ontspanningsoggend vir Seniors, van alle denominasies, in gedagte het waar bejaardes rustig met mekaar kan verkeer en ontspan, weg van huislike verpligtinge, kinders en kleinkinders. Almal was onmiddellik ingenome met die gedagte en het dit verwelkom.
Op 25 Augustus het 15 bejaardes bymekaar gekom, die saak verder te bespreek en Sr. A. Lewin het tydelik die leiding geneem. Op 2 September 1993 is die Alpha Senior Klub, ‘n ontspanningsklub, die eerste van sy soort in die V.G.K. Wes-Kaap gestig.
Vir deelname aan hul dankdiens word ‘n sangstuk sommer ge-oefen. Die Klub bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite, bv. uitstappies (soos na mev. Rust en geselskap in Paarl en na die lugmagbasis te Ysterplaat), ontspanningsnaweke, gesondheids- en opvoedkundige praatjies, uitstallings en verkope. Die Klub is ook betrokke by minderbevoorregtes om te bewys dat bejaardes ook nog ‘n rol te speel het in ons samelewing. Bybelstudies is ‘n jaarlikse, suksesvolle instelling, wat gedeel word met ander gemeentes. Die Klub het ook al haar lig laat skyn in die Ligdraer en in die gemeenskapskoerant, Southern Mail.
Tags: Alpha Senior Klub, Ds. Rust
Trackback from your site.