C.A.B. Retreat
Die Christelike Afhanklikheids Bediening (C.A.B.) Retreat is in 1996 in die lewe geroep om middelafhanklikheid op plaaslike vlak aan te spreek en te bestry. Dit word gedoen deur voorkomingsprogramme te loods, motiveringswerk ten opsigte van afhanklikes te doen en om rehabiliterendes te ondersteun. Opleiding en nasorg vorm ‘n belangrike deel van sy werksaamhede. Die C.A.B. bestaan huidiglik uit ongeveer 216 takke landswyd.
Tans word twee dienste per jaar aan die C.A.B. afgestaan, nl. Soberheid Sondag en C.A.B. Sondag wat deur die plaaslike tak behartig word en waarheen ander takke uitgenooi word.
Vergaderings vind plaas op Donderdae om 19h30 by die kerk.
Tags: CAB
Trackback from your site.