C.A.B. vier 17de bestaansjaar!

Written by Jason du Plessis on . Posted in CAB

 

v.l.n.r. Br. Willemse, Sr. van Reenen, Sr. Kriel, Br. Kriel, Br. Brown en Sr. du Plessis.

v.l.n.r. Br. Willemse, Sr. van Reenen, Sr. Kriel, Br. Kriel, Br. Brown en Sr. du Plessis.

Die pad van soberheid is nie maklik nie. Dit is ‘n pad wat harde werk vereis asook ondersteuning en hulp van kundiges. Die Christelike Afhanklikheids Bediening is daartoe verbind om uit te reik na alle persone wat as gevolg van die misbruik van chemiese middele benadeel is. Met slegs ‘n ledetal van ongeveer 15 lede, is die C.A.B. die kleinste kerklike ondersteuningsgroep met ‘n groot verantwoordlikheid.

Tydens die C.A.B. Sondag erediens op 21 Julie 2013, was stigterslede Br. C. Willemse, J. Du Plessis, J. Kriel, M. Brown, Sr. E. van Reenen, M. Kriel en M. Du Plessis verheer vir hul bydrae en toewyding aan die organisasie en die werksaamhede van die C.A.B.

Die toekoms van die organisasie is uiters rooskleurig met opwindende moontlikhede wat tans ondersoek word. Ons wens die CAB alle voorspoed met hul werksaamhede vir die volgende 17 jaar!

Tags:

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Rachel Sass

    |

    CAB le my baie na aan die hart. Die doel waarvoor ons staan is ‘n Godlike taak. Met God aan die stuur kan ons as CAB ‘n bendestorm loop. Die oes is groot en die arbeiders is BAIE min. Maar ons ‘n wenspan met Jesus as ons Meester.

    Reply

Leave a comment