Posts Tagged ‘VBO Webtuiste Werkswinkel’

VBO Webtuiste Werkswinkel

Written by Jason du Plessis on . Posted in News, Web Team

Deelnemers van die VBO Webtuiste Werkswinkel in Stellenbosch by Communitas.

Deelnemers van die VBO Webtuiste Werkswinkel in Stellenbosch by Communitas.

Vanaf 22 tot 25 Julie 2014 het Br. Jason du Plessis, VGK Retreat Webmeester, die gemeente se webtuiste span verteenwoordig by die VBO webtuiste werkswinkel in Stellenbosch by Communitas. Hierdie informatiewe werkswinkel was deur Ds. van Wyk (NG Kerk Somerstrand) aangebied.

Die doelwit van die webtuiste werkswinkel was om deelnemers te begelei om ‘n webtuiste vir hul onderskeie gemeentes/instansies te bou, sodat hul ten einde van die kursus ‘n funksionerende interaktiewe webtuiste het en dit self verder kan ontwikkel en basiese instandhouding en opdatering kan uitvoer. VGK Retreat raak ook deel van die Communitas-webgemeenskap wat verdere voordele inhou.

Ons sien uit na die ontwikkeling van ons gemeente se webtuiste en die vooruitgang van ons kerk se kommunikasie.